‘n Waardestelsel vir ons Volk

Toe die stigterslede van die beweging bymekaar gekom het, was dit deur drie verenigende faktore, 'n liefde vir ons Volk, gedeelde nasionalistiese oortuigings en 'n gesamentlike visie vir die toekoms.

Daar is baie eksterne faktore wat ons Volk vandag in die gesig staar, daarvan is meeste van ons goed bewus, maar dit was nie lank totdat ons, die stigterslede tot die onvermydelike gevolgtrekking gekom het dat ons nooit ons mense van hierdie onderdrukkende eksterne elemente sal kan bevry voordat ons nie eers die aangaande interne stryd binne in ons Volk wen nie. Wat is hierdie interne stryd mag jy vra? Daar is baie aspekte daaraan, maar as ons dinge afbreek, kom dit alles neer op die volgende: 

Hoe verseker ons 'n toekoms vir Blankes in Suid-Afrika, wie het die regte antwoord vir hierdie brandende vraag en wie of wat sal uiteindelik in staat wees om ons Volk te verenig. 

Sedert die magsoorhandiging van ons land in 1994, 'n gebeurtenis wat ons as regses altyd sal onthou as die grootste verraad en steek in die rug van die Boerevolk, het Blankes in Suid-Afrika alle middele van politieke mag verloor en daarmee saam oor tyd, ook hulle hoop. 

Ten spyte daarvan dat sommige nog vasklou aan die idee van ‘n onderhandelbare politieke oplossing vir Blankes binne die sogenaamde "reënboognasie”, het die meeste Blankes hulle tot alternatiewe oplossings gewend op soek na hoop, meestal in die vorm van burgerregtegroepe en konserwatiewe organisasies.

Hoewel hierdie groepe dalk 'n ligte rol speel in die beskerming van ons belange, is die algehele bydrae wat hulle lewer om 'n toekoms vir Wit mense in Suid-Afrika te verseker bitter klein aangesien ons elke jaar al meer van ons vryheid, erfenis en selfs lewens verloor. Verstommend soos dit dalk vir baie van ons meer regsgesindes mag wees, is meeste van hierdie groepe steeds gewillig om die nuwe Suid-Afrika te maak werk, solank as wat hul “minderheidsregte” kan geniet. Die van ons wat bietjie slimmer is weet dat dit nooit sal gebeur nie. 

Baie konserwatiewe groepe doen ook min om sommige van die mees fundamentele kwessies aan te spreek waarmee ons volk intern en ekstern gekonfronteer word. Miskien selfs meer kommerwekkend is die feit dat sommige van hierdie groepe wolwe is wat in skaapsklere geklee is. Maar dit is 'n totale ander onderwerp vir 'n ander dag…

Die stigterslede van die Vryburger Beweging het besef dat die meerderheid van ons mense nie net deur valse narratiewe geïndoktrineer is nie, maar ook ideologies diep verdeeld is en steeds mislei word deur diegene wat voorgee om ons Volk te verteenwoordig. Afgesien daarvan, het baie van ons mense ook in 'n put van kulturele, intellektuele en morele agteruitgang geval wat slegs help bydra tot ons ondergang.

Sekerlik kan ons almal saamstem dat die oplossing nie net 'n drastiese een moet wees nie, maar dit moet 'n blywende en finale een wees wat sal dien as 'n teenmiddel vir alles wat ons tot op hierdie punt gebring het, 'n oplossing wat ons mense weer sal verhef, maar terselfdertyd sal verhoed dat ons in die toekoms weer dieselfde foute maak. 

In wese moet die oplossing bo alles anders 'n ideologiese een wees, want ons kan nooit verwag dat so 'n drastiese verandering sal kan plaasvind sonder dat ons mense die kopskuif maak wat hul sal oortuig om die nodige aksie te neem nie. Ons moet die probleem by sy oorsprong teiken en ons mense weer bewapen met die waarheid, ‘n sterk idiologie waaruit daar werklike verandering kan kom. ‘n Idiologie wat ons Volk nie net sal versterk nie, maar een wat ons uiteindelik sal verenig.

Dit is uit hierdie besef en 'n diep begeerte na verandering dat die idee van Volksnasionalisme gebore is. ’n Waardestelsel wat weereens orde, dissipline en doelgerigtheid onder ons mense sal bring en ’n hoë vertroue-gemeenskap tussen ons sal opbou. 'n Volksgemeenskap wat mekaar sal bystaan en ophef deur 'n samewerkende en gekoördineerde poging om dieselfde doelwit te bereik. ‘n Waardestelsel wat ons ook leiding gee in tye van onsekerheid en sal dien as ‘n denkbeeldige laer waarin ons kan verenig. 

As sterk gelowiges, het ons Volksnasionalisme saamgestel om die woord van God in alle aspekte van ons lewens te vergesel op ‘n praktiese wyse. Volksnasionalisme en die waardes waaruit dit bestaan sal weer 'n reine kultuur binne die samelewing van ons Volk kweek wat juis ons geloof sal beskerm teen onbybelse elemente. Dit is op hierdie fondament wat ons die beweging bou en dit is hierdie fondament wat die Vryburger Beweging uniek maak en van alle ander groepe in Suid-Afrika onderskei.

Volksnasionalisme sal in twee afsonderlike uitgawes gepubliseer word, waarvan een die waardestelsel is: "Volksnasionalisme in die Praktyk" en deel twee: "Volksnasionalisme as lewensfilosofie". Uitgawe een, die waardestelsel sal na verwagting binne die volgende maand of twee in digitale en stemboekformaat gepubliseer word en later in fisiese boekformaat sodra die beweging se aanlynwinkel op die been is. Alle nuus in verband hiermee sal hier op Vryburger Media sowel as op die beweging se sosiale media bekend gemaak word.

Nog goeie nuus is dat die uitrolplan vir publieke deelname sal begin kort na die publikasie van die waardestelsel. Om ooreen te stem met die beweging se waardestelsel sal ‘n vereiste wees vir enige vorm van deelname in die beweging. Op hierdie manier voorkom ons ideologiese binnegevegte en verseker ware eenheid binne ons beweging. 

In die bekende woorde van oom Jaap Marais; “Voeg bymekaar dit wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort”. En dit is hoe die Vryburger Beweging sal poog om ons Volk te verenig.

Los gerus jou kommentaar hieronder en laat weet ons wat jou mening is oor die idee van ‘n sentrale waardestelsel waaragter ons mense kan verenig.

Previous
Previous

Potgooi nou op Odysee