Só breek hulle ons identiteit af

Teen nou is meeste van ons al bewus van die feit dat blanke identiteit wêreldwyd onder aanval is en dat die situasie net die afgelope paar jaar eskaleer het. Die meerderheid van ons mense is egter minder bewus van die strategieë wat deur die vyand gebruik word om ons te mislei en ons identiteit af te breek. Wat ons moet verstaan, is dat daar 'n persepsie oorlog teen ons gevoer word meer as enigiets anders. 

Die vyand het deur jare se indoktrinasie 'n valse en verwronge werklikheid van die wêreld in ons mense se gedagtes geskep. Hierdie indoktrinasie-oorlog het nie oornag plaasgevind nie, en ook nie met die besef van meeste blankes nie. In teendeel, het dit deur die loop van geslagte deurlopend plaasgevind, veral na die einde van die 2de Wêreldoorlog. Die indoktrinasie-oorlog word in verskillende vorms en maniere teen ons gevoer, maar dit kom eintlik alles neer op een ding, die afbreek van ons identiteit. Die rede hiervoor is eenvoudig: Sodra 'n volk die waardes verloor het wat eens hul identiteit bepaal het, kan 'n nuwe identiteit gevorm word. Hierdie nuwe kunsmatige identiteit is sorgvuldig en noukeurig beplan en bewerk deur propaganda in verskeie vorme en deur alle mediums wat ons vyande tot hul beskikking het. Of die medium waardeur hulle ons mense se gedagtes vol van hul valse narratiewe pomp deur media, politiek, televisie, boeke of die onderwysstelsel gedoen word, moet dit weereens beklemtoon word dat dit alles een doelwit dien, die afbreek van die blanke ras en hul identiteit. 

Dit is natuurlik op hierdie punt waar baie liberale sowel as konserwatiewes sou redeneer dat ras niks hiermee te doen het nie, maar dat dit 'n aanval op die hele mensdom of op Christelike identiteit is deur die lakye van die Nuwe Wêreld Orde. Ongelukkig is dit presies op hierdie kritieke punt waar die meeste van hulle mislei word en die hele punt mis aangesien hulle nie die ware dinamika van wêreldmag verstaan ​nie en ((wie)) werklik agter alles sit nie. Maar wie dit is, is egter 'n heel ander onderwerp. op sy eie.

Waarop ons in hierdie artikel lig sal werp, is die wyse waarop hulle blanke identiteit afbreek. Een van die eerste maniere waarin hulle uiters suksesvol is, is die beheer en vloei van inligting. Hier in Suid-Afrika en meeste ander Westerse lande is ons doelbewus deur die onderwysstelsel 'n verwronge en eensydige weergawe van ons eie geskiedenis geleer. Die redes hieragter is voor die hand liggend en strategies, laat 'n volk hul eie geskiedenis vergeet, en oor 'n paar generasies sal hulle nie meer weet wie hulle werklik is nie, wat hulle dan oopmaak vir die vals nuwe identiteit wat ons vyande soos ‘n sagteware in hul psiege installeer. 

Sodra hierdie punt bereik is, sal hulle vatbaar wees vir enige vyandelike propaganda en misleiding, en dit is ook van hierdie punt af waar die afbreek van identiteit werklik begin spoed vang en amper 'n sneeubal-effek het. Dit is skokkend waarneembaar vandag wanneer ons kyk na die hedendaagse Afrikaner wat glo dat rugby, braai en brandewyn so diep is soos wat sy eie kultuur strek en dat sy voorvader se poging om hul eie toekoms te bewaar deur Apartheid die grootste daad van boosheid was wat hierdie wêreld nog gesien het, dit terwyl die mees ondenkbare euwels elke dag teen blankes in Suid-Afrika gepleeg word. Maar dit, sal baie geindoktrineerde blankes eenvoudig afmaak as alledaagse misdaad danksy ‘n onbevoegde regering of polisiediens en nie die natuurlike uitkoms of oorsaak van 'n veelrassige staat wat hulle so trots en dwaas ondersteun nie. 

Deur die blatante narratiewe wat geskep word, word baie blankes skaam gelaat oor hul geskiedenis en erfenis, tot op die punt waar baie van hulle voel dat hulle almal anders 'n verskoning skuld. Dit word verder vererg deurdat die nie-blankes wit mense gedurig herinner aan hoe wreed en onderdrukkend hulle voorvaders klaarblyklik in die verlede was. Dit op sy beurt het weer 'n sielkundige effek wat enige veggees wat baie van ons mense nog in hulle gehad het afbreek en veroorsaak 'n bekende toestand waarna ons as "wit skuldgevoel" verwys. 

Nog 'n al bekende taktiek wat met die afbreek van ons geskiedenis gepaardgaan, is natuurlik die totale ontkenning van die feit dat ons vaderland in die eerste plek ooit aan ons behoort het. Volgens die amptelike nie-blanke weergawe van ons geskiedenis, of sal ons eerder sê die Joodse weergawe wat aan nie-blankes voorgehou word, is alles wat wit mense opgebou het óf gesteel óf gewelddadig deur volksmoord gekonfiskeer. Met al hierdie beweerde "volksmoorde" wat ons klaarblyklik in die verlede gepleeg het, is dit tog 'n wonder dat daar vandag nog soveel nie-blankes is, dalk het ons voorvaders net nie hulle self goed genoeg van hulle taak gekwyt nie, of hoe? 

Die volgende taktiek wat gebruik word om wit identiteit te vernietig is minder sielkundig maar fisies, naamlik die sistematiese oorstroming van blanke lande met nie-blanke migrante, iets wat gesien moet word vir wat dit werklik is, die inval van blanke lewensruimtes en ‘n vloedgolf van misdaad, verkragting, moord en al die ander wonderlike en "verrykende" elemente wat die massa migrasie van derde wêreld mense saam met hulle bring. Die einddoel van massa migrasie is natuurlik die vernietiging van homogeniteit, wat uiteindelik lei tot die verlies van soewereiniteit sodra die inheemse volk van ‘n land die minderheid word. Sodra 'n volk die minderheid in hul eie vaderland word, is hulle onder volle genade van die uitheemse meerderheid, iets waarvan ons as Afrikaners heel goed kan getuig. 

Natuurlik is dit vir ons hier in Suid-Afrika niks nuuts nie en iets waaraan ons al vir ‘n geruime tyd blootgestel is, maar vir Europeërs, Amerikaners, Kanadese en Australiërs wat tot 'n paar dekades gelede nog redelik homogene samelewings geniet het, is dit nog 'n relatief nuwe verskynsel. Dit is 'n goeie inleiding tot ons volgende punt of taktiek, die normalisering proses. 

Of dit nou die normalisering van veelrassigheid, rassevermenging, feminisme of homoseksualiteit is, is dit alles deel van hierdie nuwe identiteit wat aan ons verkoop word, en dit dra alles by tot die vernietiging van blanke identiteit, veral rassevermenging waarvan die vernietigende uitkoms geen verduideliking nodig het nie… Dit is natuurlik ook hierdie enkele mees vernietigende daad wat hulle die mees agresiefste probeer bevorder. Mens kan amper sê dat dit op hierdie stadium met trots en passie bevorder word, ons kan dit oral rondom ons sien, op advertensies, tv-programme, films, musiek videos, in sport, en so voorts... Die lys gaan aan, maar een ding is vir seker en dit is dat dit tot die punt gekom het waar dit byna onvermybaar is en met goeie rede, hulle wil hê dat blankes hul eie ras uit sy bestaan moet ver​meng.

Nog 'n taktiek waarvan baie blankes, selfs rasbewuste blankes, dalk onbewus is, is die afskaffing van wette wat egskeiding verbied het. Egskeiding is een van die grootste bydraers tot die vernietiging van die kerngesin. Sedert dit ingestel is of eerder in ons samelewing toegelaat is, het blanke geboortesyfers wêreldwyd gedaal. In die verlede sou egpare deur moeilike tye in hul huwelik werk en later voort gaan om gesinne te bou, maar sedert egskeiding toegelaat word, het dit vir baie paartjies 'n "maklike uitweg" geword en daarmee saam die potensiaal om 'n gesin te begin. Natuurlik, speel daar vandag baie ander faktore 'n beduidende rol in die afname van blanke geboortesyfers. Maar dit is geen geheim dat ons getalle drasties afneem en dat ons een van die rasse geword het met die laagste geboortesyfer op aarde nie. Dit is selfs meer kommerwekkend as jy in ag neem dat die blanke ras reeds 'n absolute minderheid is in terme van wêreldbevolking. 

Daar is baie meer taktieke wat teen ons gebruik word as blankes, maar die laaste een wat ons hier sal noem, is veral baie relevant, en dit is die idee van humanisme. Jy het sekerlik al sommige blankes en veral hoofstroom Christene gehoor wat die volgende uitlatings herhaal, amper soos 'n papegaai iets sou herhaal wat hy oor en oor met ‘n lepel gevoer is. “Ras maak nie saak nie, ons is almal deel van die mensdom en God het ons almal gelyk gemaak”. Of nog 'n gunsteling: "Ons bloei almal rooi aan die einde van die dag, velkleur maak nie saak nie". 

Dwase uitlatings soos hierdie is nie iets wat jy sommer van nie-blankes sal hoor kom nie, dit lyk of net wit mense daarvoor val. Dit is ook nie toevallig nie, wit mense is vir jare gekondisioneer om hierdie valse narratiewe te glo, veral maar nie uitsluitlik nie deur die valse dogma wat deur ons kerke aan mense verkondig word as die “ware evangelie”, dit terwyl nie-blankes aan die ander kant gekondisioneer word om te glo dat ras ‘n absolute werklikheid is en dat die blanke ras hulle na bewering al vir hul hele bestaan ​onderdruk, vandaar die ewige slagoffermentaliteit onder hulle.

In hulle oë sal die wit man altyd die bose onderdrukker wees, maak nie saak hoeveel keer hy om verskoning vra of bydra tot die welstand en belange van nie-blankes nie. Dink vir ‘n oomblik aan al die kapitaal en hulpbronne wat bestee was om swartes in hul eie tuislande tydens Apartheid op te hef. Skole, universiteite, hospitale, infrastruktuur en omtrent enigiets wat 'n normale en gesonde samelewing nodig het om te floreer, is gratis aan hulle verskaf deur blankes, tot op die punt waar swartes in Suid-Afrika die hoogste inkomste en lewenstandaard van enige swartes in Afrika geniet het. En wat kry ons as blankes terug in ruil vir ons goedhartigheid vandag? Niks, absoluut niks anders as haat en wraak nie. 

Om terug te kom na die punt toe, wat die humanistiese agenda effektiewelik bereik, is om wit mense oop te stel vir die idee van veelrassigheid in elke enkele aspek van hul lewens en vir hulle om alles te deel wat hulle eens hul eie kon noem, soos hul lande, stede , skole, kultuur en hul geloof. Hierdie skending van blanke eksklusiwiteit en blanke lewensruimtes, beroof effektiewelik ook ons hele ras van hul identiteit, tot op die punt waar blankes nie meer enige iets sal hê om hul eie te noem nie. Die strategie was natuurlik nog altyd om hierdie veranderinge stelselmatig teweeg te bring, so kry die diversifikasie proses minder weerstand en word dit mettertyd genormaliseer. Binne ons eie volk is die Afrikaanse kultuur 'n goeie onlangse voorbeeld hiervan, selfs nadat ons ons land en soewereiniteit aan nie-blankes verloor het, 30 jaar later, moet daar selfs nog meer voorsiening gemaak word om nie-blankes in ons kultuur in te sluit. Hier verwys ek spesifiek na swart kunstenaars wat nou die Afrikaanse musiekbedryf en film industrie betree. Dit begin met een of twee van hulle, maar voor ons ons oë uitvee, lyk dit soos 7de Laan en later soos ‘n episode van Muvhango. Gee dit nog so dekade en die Afrikaanse Taal en Kultuur gemeenskap sal bestaan uit ‘n hele mengelmoes van kleure en kulture.    

Hoekom is dit die geval? Want humanisme leer dat enigiemand wat Afrikaans praat, nou 'n Boer kan wees en met Boerekultuur en identiteit kan assimileer. Die feit van die saak is dat Afrikaners en blankes oor die algemeen binnekort geen ruimtes meer sal hê wat hulle hul eie kan noem nie, selfs iets so kosbaar en eksklusief soos ons kultuur, wat veronderstel is om die ontmoetingsplek van ‘n volk te wees. Op hierdie manier word ons selfs verder vervreem van ons identiteit. As enige iemand hierdie argument wil ontken, kan hulle eenvoudig gevra word om rondom hulle te kyk, dit is nie baie moeilik om 'n swart land, stad, skool of kerk uit te wys nie. Dieselfde kan van elke ander ras op aarde gesê word. Elke ander ras behalwe die blanke ras natuurlik, van ons word daar gedurig verwag om te "diversifiseer" en alles wat ons het te deel. En wanneer ons dit waag om te weier, word ons as rassiste gebrandmerk en elke ander onderdrukkende woord wat hulle volgende kan uitdink. Het jy al ooit gehoor dat die teenoorgestelde narratief rondgegooi word? Dat iets te swart is? Presies my punt, ons kan ons self maar net indink hoeveel winkels geplunder en afgebrand sal word as dit die geval was... Maar jy het sekerlik gehoor dat die teenoorgestelde argument voortdurend uitgespoeg word sonder enige gevolge. 

Maar uiteindelik kom ons dan tot die slotsom van hierdie artikel en moet ons onsself afvra wat die oplossing is? Uit ‘n blanke-nasionalistiese oogpunt is die antwoord eenvoudig en kan dit in een woord opgesom word, diskrimineer. Ja witman! Die hele stelsel en byna elke ras op aarde vandag diskrimineer teen jou en poog om jou mense en hul identiteit te vernietig, hoekom op aarde sal jy nie terug diskrimineer nie?! Hulle noem jou alreeds 'n rassis ongeag. Miskien moet ek dit eers duidelik stel dat die middel waardeur ons moet diskrimineer nie moet wees om doelbewus haat teen die ander rasse aan te wakker nie, maar om hulle heeltemal uit te sluit en 'n sterk in-groepse benadering te hê in alles wat ons doen. 

Die wil om deur uitsluiting te diskrimineer, so ongemaklik as wat dit vir sommige mag wees om te erken, is die enigste manier waarop 'n volk dit wat hul eie is kan bewaar. Hoe is dit enigsins anders as 'n hond wat 'n been gryp wat aan hom behoort wanneer 'n ander hond naderkom? As hy te bang is om te grom en te sê "dit is myne", sal hy eenvoudig verloor wat hy eens sy eie kon genoem het. Dieselfde beginsel geld vir byna alles in die lewe. Byna al die probleme waarmee ons vandag as 'n volk en ras sit, is juis te wyte aan die humanistiese filosofie van gelykheid en inklusiwiteit, daarom sal die enigste logiese oplossing natuurlik wees om terug te keer na eksklusiwiteit. 

Ons voorvaders het dit al te goed geweet voordat al die breinspoeling begin het, dit is hoekom ons eerstens moet terug keer na die ou maniere en waardes wat hulle gehandhaaf het. Dit is hoe ons begin om die dele van ons identiteit wat van ons ontneem is, te herbou. En dan, wel, dan slaan ons terug en diskrimineer. Ons verwerp alles van 'n veelrassige aard, asook alles wat daarop gemik is om wit identiteit te vernietig. Ons streef na 'n suiwer blanke kultuur, blanke arbeid, blanke gemeenskappe, blanke dorpe, en uiteindelik streef ons na 'n blanke volkstaat wat ons met trots weer ons eie kan noem. 

Die belangrikste is dat ons nie probeer om dit op ons eie as eensame individue te doen nie, maar om te verenig as 'n kollektief saam met ander blankes wat na dieselfde ideale streef. Die aanslag is teen ons as 'n kollektief, daarom kan slegs 'n kollektiewe poging werklik lei tot 'n kollektiewe oplossing en 'n toekoms vir wit mense in 'n toenemende anti-blanke wêreld.

Previous
Previous

Afrikaans - Vier die mylpale maar verwerp die leuens!

Next
Next

Die aanslag op blanke identiteit