Suid-Afrika behoort aan die Blankes

Deur Historikus Dr. M Du Toit

(Kant nota: Deur die loop van die geskiedenis het die Blanke volk van Suid-Afrika verskillende benamings gehad, byvoorbeeld:

- Aanvanklik is na hulle verwys as Nederlanders,

- In die 17de en 18de eeue is na hulle verwys as burgers, Vryburgers, Patriotte,

ensovoorts,

- In die 19de eeu is na hulle verwys as Voortrekkers en Boere,

- In die 20ste eeu is na hulle verwys as Afrikaners,

- Tans is daar ‘n sterk beweging om weer na hulle te verwys as Boere.

In hierdie artikel word van die verskillende terme gebruik, maar dit verwys telkens na een en dieselfde volksgemeenskap of volksgemeenskap-in-wording.)

In hierdie artikel lewer Dr. Du Toit sterk en onmiskenbare historiese bewyse dat Suid-Afrika met reg aan ons as Blankes behoort.

Blankes arriveer aan die Kaap

Voor die Blankes gearriveer het, het daar ongeveer 100 000 Khoi-San (Khoi-Khoi oftewel Hottentotte en San oftewel Boesmans) in die Kaap gewoon. Die Nederlanders, onder leiding van Jan van Riebeeck, het in 1652 in die die Kaap geland. Aanvanklik was die verhoudige tussen die Blankes en die Khoi-San baie goed, maar spoedig het die Khoi-San die Nederlanders begin aanval en hulle vee begin steel. Dit het tot verskeie militere skermutselinge tussen die Nederlanders en die Khoi-San gelei, naamlik die Eerste Hollands-Hottentot Oorlog (1659 – 1660), die tweede Hollands-Hottentot Oorlog (1673 – 1677) en die San Oorloë (1668 –1861). Alhoewel na die gebeure as oorloe verwys word, was dit eintlik niks anders as skermutselinge nie, met baie min sterftes aan albei kante. Later het verskeie pokke epidemies in die Kaap uitgebreek, naamlik in 1713, 1755 en 1766, wat tot groot sterftes onder die Blankes, slawe en Khoi-San gelei het. Die pokke epidemies het die Khoi-San die swaarste getref, waartydens byna alle volksgemeenskappe geheel en al uitgewis is. Die klein hoeveelheid Khoi-San individue wat die epidemies oorleef het, het daarna in sendelingstasies gaan bly of as arbeiders begin werk. Later het van hulle met slawe en Blankes vermeng om die huidige Bruin (Kleurling) bevolking van die Kaap te vorm. Die uitsterf van die Khoi-San as volksgemeenskappe het die Blankes die eienaars van die Kaap gemaak.

Die oosprong van die Swartes en die Mfecane of Difaqane

Die Swartes, meer spesifiek die Bantoe volksgemeenskappe, se oorsprong is in Sentraal Wes-Afrika, in die hedendaagse Kameroen en Nigerië, geleë. Vandaar het hulle na Suidelike Afrika getrek. Die Blankes het die Xhosas (‘n Swart Nguni volksgroep) in 1770 in die omgewing van die Visrivier ontmoet, dit wil sê meer as 120 jaar na die Blankes se aankoms in die Kaap en meer as 800 kilometers van die Kaapse skiereiland af. Die Swartes kan dus glad nie aanspraak maak op enige Kaapse grondgebied suid en wes van die Visrivier nie. In die tydperk 1750 tot 1835 was daar groot omwentelinge onder die Swart volksgroepe in Suid-Afrika. Die Zoeloes (‘n ander Swart Nguni volksgroep), onder leiding van Shaka, het ander Swart groepe op groot skaal aangeval en doodgemaak. Die gebeure staan bekend as die Mfecane (‘n Nguni woord) of Difaqane (‘n Sotho-Tswana). Die grootste gedeelte van die Suid-Afrikaanse binneland is gevolglik grootliks ontvolk. ‘n Groep Zoeloes het van die Zoeloe volksgemeenskap weggebreek en die Matabeles gevorm. Hulle het die Zoeloes se vernietigingswerk, onder leiding van Mzilikazi, in die binneland voortgesit. Intussen was daar soveel konflik en geweld, asook nege Oosgrens oorloë, tussen die Blankes en die Xhosas in die Oos-Kaap, dat die meeste Blankes, bekend as Voortrekkers, besluit het om die Kaap te verlaat. Die gebeure staan vandag bekend as die Groot Trek (1834-1854). Die ontvolking van die grootste gedeelte van die Suid-Afrikaanse binneland, as gevolg van die Mfecane, het dit juis vir die Voortrekkers moontlik gemaak om die binneland in te trek. In 1795 het die Britte die Kaap vir die eerste keer geannekseer.

Die Trek na die binneland

Die Blankes wat met die Groot Trek na die binneland getrek het, staan bekend as Voortrekkers. Dis belangrik om te weet dat die Voortrekkers nie een van hulle state tot stand gebring of grondgebied verkry het deur ander volksgroepe aan te val nie. Die eerste poging van die Voortrekkers om ‘n eie staat tot stand te bring, staan bekend as die Potchefstroom-Winburg Republiek (1838). Die suide van die republiek (die gebied tussen die Vet- en die Vaalrivier) is bekom deurdat Andries Hendrik Potgieter, ‘n ooreenkoms met die Ba-Taung hoofman Makwana aangegaan het waartydens hy beloof het om hulle teen Mzilikaze te help beskerm. Potgieter het ook beeste aan Makwana betaal. Die noorde van die republiek (die gebied noord van die Vaalrivier) is geannekseer nadat die Voortrekkers twee keer, sonder provokasie, in 1836 deur Mzilikaze aangeval is en die Voortrekkers hulle verslaan het. Die noordoostelike uitbreiding van die Potchefstroom-Winburg Republiek tot by Soutpansberg is weereens bekom deurdat die Matabeles verslaan is na onuitgelokte aanvalle en deurdat Potgieter ooreenkomste met ander mindere Swart stamhoofde beding het. In terme van ‘n ooreenkoms tussen die die Voortrekkers en die Ba-Taung het die Ba-Taung in besit gebly van hulle belangrikste gebied te Thaba Nchu. Verder is die gebiede van verskeie Swart groepe, nadat hulle deur Mzilikazi verjaag is, deur Potgieter, die oorwinnaar van Mzilikazi, aan hulle terug besorg. Sodoende het die BaHurutse, Rolong, Kwena, Kgatla en andere hulle oorspronklike woongebiede, deur ‘n ooreenkoms met Potgieter, teruggekry.

Die Trek na Natal

Die tweede poging van die Voortrekkers om ‘n eie staat tot stand te bring, staan bekend as Natalia (1839). Om dit te bereik moes die Voortrekkers met die Zoeloe koning Dingaan, Shaka se opvolger, onderhandel. Die Voortrekkers, onder leiding van Piet Retief, het op 4 Februarie 1838 ‘n skriftelike ooreenkoms met Dingaan geteken en die gebied tussen die Drakensberg en die Indiese Oseaan en tussen die Umzimvubu- en Tugelarivier bekom. Dingaan het egter daarna vir Retief en sy geselskap van ongeveer 70 man vermoor. Die Voortrekkers, onder leiding van Andries Pretorius, het daarop die Zoeloes op 16 Desember 1838 by die Slag van Bloedrivier verslaan. Die Blankes het dus skriftelike bewys van eienaarskap van ‘n groot deel van Natal asook die reg tot eienaarskap wat hulle verkry het deur die militêre verslaning van die Zoeloes as vyand. Blanke eienaarskap van ‘n groot deel van Natal was onaanvaarbaar vir die Britte waarop hulle Natalia in 1844 geannekseer het. Nadat die Britte Natalia geannekseer het, het die meeste Voortrekkers Natal verlaat en weer na die Suid-Afrikaanse binneland gewend.

Ander republieke noord van die Vaalrivier

Die volgende poging van die Voortrekkers om ‘n eie staat tot stand te bring, staan bekend as die Republiek Ohrigstad. Die republiek is in 1845 tot stand gebring deur ‘n ooreenkoms tussen Potgieter en die BaPedi stamhoof Sekwati. Kort daarna is die Voortrekers se aansprake op die gebied weereens bevestig tydens ‘n ooreenkoms met die Swazi koning Mswati II op 25 Julie 1846. Die Republiek Kliprivier is in 1847 tot stand gebring nadat die Voortrekkers die Zoeloes by die Slag van Bloedrivier (1838) verslaan het. Na die veldslag, is die gebied vanaf 1839 op ‘n deurlopende basis bewoon deur Blankes. Daarna is die Voortrekkers se aansprake op die gebied herbevestig met ‘n formele ooreenkoms tussen die plaaslike Boereleier A. T. Spies en koning Mpande van die Zoeloes. Die Republiek Zoutpansberg is in 1848 tot stand gebring na ‘n veldtog teen Mzilikaze. Die oostelike gedeeltes van die republiek is bekom deur middel van ‘n ooreenkoms met die Venda koning Ramabulana. Die res van die republiek se gebied is bekom op grond van die besetting van onbewoonde land vanweë die Mfecane. Die Republiek Lydenburg is in 1849 geskep. Die noordelike deel van die republiek is bekom deur ‘n ooreenkoms tussen Potgieter en die BaPedi hoofman Sekwati. Die suidelike deel van die republiek is bekom op grond van ‘n ooreenkoms in 1855 met koning Mswati II van Swaziland, wat die Boere as ‘n buffer tussen sy koningkryk en die Zoeloes wou skep. Die Boere het ook beeste vir die Swazi koning gegee. Ander dele van die republiek is bekom deurdat die land onbewoon was vanweë die Mfecane.

Die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR)

Die Zuid-Afrikaansche Republiek het in 1852 tot stand gekom nadat die Britte alle Boere noord van die Vaalrivier se onafhanklikheid met die Zandrivier Konvensie erken het. Vervolgens het die Boere die republieke van Potchefstroom-Winburg, Lydenburg en Zoutpansberg tot een republiek vereenig. Die republiek het later jare as die Transvaal bekend geword.

Die Oranje-Vrystaat Republiek

Die noordelike deel van die Oranje-Vrystaat, tussen die Vet- en Vaalrivier, is soos reeds genoem bekom deurdat Potgieter ‘n ooreenkoms met die Ba-Taung hoofman Makwana bereik het. Makwana het die Boere versoek om hom teen Mzilikaze te help beskerm. Die Boere het hom ook met beeste betaal. Die gebied is daarna deur die Britte op 3 Februarie 1848 geannekseer. Met die Konvensie van Bloemfontein in 1854, waartydens die Britte die onafhanklikheid van die Boere in die Oranje-Vrystaat erken het, is die gebied deur die Britte aan die Boere oorgedra. Die suidelike deel van die Oranje-Vrystaat, tussen die Oranje- en Vetrivier, is bekom deels deurdat die land sedert 1836 onbewoon was, deels deurdat dit bewoon was deur nomadiese groepe en deels deurdat dit geruil is van San hoofmanne. Net soos in die geval van die noordelike deel van die Oranje Vrystaat is die gebied deur die Britte op 3 Februarie 1848 geannekseer. Met die Konvensie van Bloemfontein in 1854, waartydens die Britte die onafhanklikheid van die Boere in die Oranje-Vrystaat erken het, is die gebied ook deur die Britte aan die Boere oorgedra.

Ander republieke

Die Republiek Utrecht is in 1855 tot stand gebring. Twee verdrae, in 1852 en 1854, is gesluit met die Zoeloe koning Mpande waartydens die grondgebied met beeste gekoop is. Die Republiek Het Land Goosen het in 1882 tot stand gekom. Die gebied is verkry na ‘n ooreenkoms met die Ratlou-Rolong hoofman Moshwete. Hy het die grond vir die Boere gegee in ruil vir hulle militêre bystand gedurende Moshwete se stryd teen die Tshidi-Rolong hoofman Montshiwa. Die Republiek Stellaland is in 1883 geskep na ‘n ooreenkoms met die Korana hoofman Mossweu. Hy het die grond vir die Boere gegee in ruil vir hulle militere bystand teen hoofman Mankurwane van die Tlhaping. Die Republiek Vryheid is in 1884 geskep na ‘n ooreenkoms in 1884 tussen die Boereleier kommandant Lucas Meyer en die Zoeloe koning Dinizulu. Hy het die land vir die Boere gegee in ruil vir militere bystand tydens die opvolgingstryd tussen Dinizulu en hoofman Zibhebhu. Die Boere het Dinizulu van ‘n gewisse nederlaag gered op 5 Junie 1884 by die eTshaneni berg. Op 16 Augustus 1884 het Dinizulu ‘n proklamasie uitgereik waarin hy 11 680 km2 aan die Boere gegee het. Die Republiek Klein Vrystaat het in 1886 tot stand gekom. Op 3 Oktober 1877 is die gebied deur die Boere landbouers Franz Maritz en Johachim Ferreira by die Swazi koning Mbandine gekoop. Maritz en Ferreira het die gebied daarna in plase onderverdeel en dit aan ander landbouers verkoop.

Blank Suid-Afrika en die Swart tuislande

Die grondgebied van Suid-Afrika wat wettig deur die Blankes bekom is, het gelei tot die begrip “Blank Suid-Afrika”. Die gebiede wat die Swartes bewoon het, het geleidelik bekend geword as Swart tuislande, byvoorbeeld Zoeloeland in Natal is erken as die woongebied van die Zoeloes. Hierdie begrip van die Suid-Afrikaanse grondsituasie is deur beide Blanke volksgroepe, die Boere oftewel Afrikaners sowel as die Engelse, in Suid-Afrika erken. Boonop het selfs opponerende politieke partye, byvoorbeeld die Nasionale Party en die Verenigde Party, hierdie grondsituasie so erken. Hierdie grondsituasie is in 1910, met die uniewording van Suid-Afrika, so erken met geen stemreg aan die Swartes of gekleurdes nie asook geen grond eienaarskap aan die Swartes of gekleurdes in Blank Suid-Afrika nie. In 1961 is Suid-Afrika in ‘n republiek omskep onder Afrikaner gesag met geen stemreg aan die Swartes of gekleurdes nie asook geen grond eienaarskap aan die Swartes of gekleurdes in Blank Suid-Afrika nie.

Ons hoop jy het hierdie artikel geniet. Los gerus jou kommentaar hieronder en laat weet ons wat jou gedagtes is. Voel asseblief ook vry om hierdie artikel rond te deel en ons te help om die waarheid daar buite te kry. Vir meer inligting oor die Vryburger Beweging of om aan te sluit, besoek gerus on hoof-webtuiste HIER.

Previous
Previous

South Africa belongs to the Whites

Next
Next

Immigrasie deel 2: Blanke weerstand