Drie kragtige dokumentêre wat hulle nie wil hê jy moet kyk nie

Sommige dokumentêre verander hoe ons die wêreld sien. Ander het die potensiaal om die hele politieke spektrum te verskuif en die magte aan bewind baie ongemaklik te maak. Wanneer dokumentêre hierdie vlak van invloed bereik, sal die oppermagte dikwels alles in hul vermoë doen om te verseker dat dit nie ‘n groot gehoor bereik nie. In hierdie artikel gaan ons drie sulke dokumentêre bekend stel wat jou alles sal laat bevraagteken wat jy gedink het jy weet.

Die beroemde aanhaling: “Geskiedenis word deur die oorwinnaars geskryf,” word wyd aan Winston Churchill toegeskryf. Hy het egter waarskynlik nooit daardie presiese woorde gesê nie, maar eerder die konsep gewild gemaak dat geskiedenis die perspektief weerspieël van diegene wat tans mag besit. Hierdie konsep is uiters relevant tot hierdie artikel en die dokumentêre wat dit bespreek, soos jy binnekort sal begin besef.

Die idee dat geskiedenis deur die oorwinnaars geskryf word, bied ’n raamwerk vir die fundamentele vrae wat hierdie artikel elke leser nooi om oor na te dink: Kan die weergawe van geskiedenis wat jy geleer is, op enige manier verdraai wees? En wie het baat gevind, en vind steeds baat, by die verdraaide weergawe van geskiedenis wat daar van jou verwag word om blindelings te glo? 

Oorweeg die volgende aanhaling van wyle HNP-leier en een van die mees invloedryke nasionalistiese denkers in ons volk se geskiedenis, Jaap Marais:

'n Volk se geskiedenis is by sy identiteitsbewustheid net so belangrik as enige fisiese of geestelike eienskap. Want die geskiedenis is 'n volk se geheue, en net soos geheue by 'n persoon hom in staat stel om te weet wie hy is en wat sy status is, hou die geskiedenis 'n volk bewus van wat hy is en watter plek hy beklee. ”

Wanneer ons hierdie wyse woorde in ag neem, kan ons met vertroue die volgende stelling maak: As ’n volk oor baie geslagte heen ’n verwronge siening van sy eie geskiedenis gevoer is, vergeet hy nie net wie hy is en waarop hy geregtig is nie, maar begin hy ook sy hele identiteitsbesef of volksbewussyn verloor.

’n Goeie voorbeeld hiervan is die verwronge siening wat daar oor die afgelope 30 jaar in ons skole geleer word oor Apartheid. Vir diegene wat hul geskiedenis ken, of die ouer geslagte wat self deur Apartheid geleef het, is dit duidelik dat hierdie staatsgedrewe propaganda is. Maar vir baie jong Blankes wat huidiglik deur die onderwysstelsel gaan, is dit nie so voordiehandliggend nie, en die gevolge daarvan is juis die uitkoms waarteen Jaap Marais gewaarsku het.

Hierdie artikel en die dokumentêre wat dit bespreek, gaan egter nie Suid-Afrikaanse geskiedenis direk behandel nie, al was ons volk indirek geraak deur baie van die gebeure wat genoem word, en veral die direkte nagevolge wat daarop gevolg het. Die dokumentêre is veral ook baie van toepassing in die sin dat die inhoud daarvan ook vir ‘n lang tyd reeds in ons skole verdraai word. 


Dokumentêr 1: Hellstorm

Die eerste dokumentêr wat ons gaan bespreek, is moontlik ook die relevantste tot die datum waarop hierdie artikel vrygestel word.

Die jaar is 1945, op 13 Februarie. Jy staan in die noordoostelike Duitse stad Dresden wanneer die sirenes begin huil. ’n Skerp, paniekerige geskree wat onder jou vel inkruip en die hare op jou nek laat rys. Voordat jy dit besef, lyk dit asof die hemel self oop skeur. Jy hoor die verre gedreun van bomwerpers wat aansterk tot ’n gebrul. Jy voel hoe die grond bewe soos die eerste ontploffings toeslaan. Jy sien vensters na binne bars soos duisende messe wat deur die lug vlieg. Die donkerte van die nag begin verander in ’n onheilspellende oranje gloed soos die strate en hele woonbuurte rondom jou in vlamme opgaan.

Jy is onseker waarheen om te hardloop, net soos die skares skreeuende mense rondom jou. Jy verstik aan stof en rook, en jou ore suis so erg dat dit voel asof die druk jou kop gaan laat bars. Dan voel jy dit: die lug begin warm word, onnatuurlik warm, totdat selfs asemhaal seermaak en die binnekant van jou mond tot diep in jou longe begin brand. Geboue stort oral om jou in een, en allerhande voorwerpe suis by jou verby soos koeëls op ‘n slagveld.

Terwyl jy hardloop vir jou lewe, observeer jy af en toe die paniekbevange mense rondom jou. Sommige word vasgepen deur vallende mure. Ander skree om hulp terwyl hulle desperaat probeer ontsnap uit die gesmelte teerpad waarin hulle vasgevang is. Aan die oorkant van die pad hardloop ’n vrou histeries met haar kind, so versteur van vrees dat sy nie besef die klein handjie wat sy vasklou, slegs aan ’n afgeskeurde arm hang nie. Ander rol op die grond rond en probeer hul brandende klere blus, wat teen hierdie tyd reeds diep in hul vlees in gesmelt het.

Tog word al die gille van vrees en pyn rondom jou ingesluk deur die donderweer bo jou. Die bomme ontplof nie net nie; hulle skeur die stad oop en suig suurstof in ’n brullende vuurstorm in wat jou van jou voete af ruk. Jou oë brand asof dit vol naalde is, en jy kan voel hoe jou vel blase kry en kook. Jy is letterlik binne ’n mensgemaakte oond waar jy en almal rondom jou lewendig gekook word.

Uiteindelik, tot jou verligting sien jy ’n gat in die grond waarin jy kan skuiling vind teen die hitte en chaos. Wanneer die geraas uiteindelik ure later bedaar, word dit vervang deur ’n spookagtige, leë stilte, ‘n stilte wat slegs verbreek word deur knetterende vlamme en die verre gekerm van oorlewendes. 

Dagbreek openbaar ’n wêreld wat onherkenbaar is. ’n Landskap van smeulende ruïnes en verkoolde lyke lê die wêreld vol, sommige nog in een stuk en ander as los ledemate rond gestrooi. Die stank van verbrande liggame is oorweldigend. Dresden, jou eens geliefde stad, en byna almal wat jy daar geken het is weg. Honderde jare se geskiedenis, herinneringe en kultuur lê verpletter…

Saam met ’n klein handjievol oorlewendes grawe jy deur die rommel waar ookal jy swak maar desperate stemme hoor smeek vir hulp. Jy is oppad om na die volgende hoop rommel aan te beweeg, ‘n gebou wat eens jou buurman se huis was, toe jy skielik stop in jou spore. Jou hart gaan staan stil en jou seer, rooi oë rek groot. Daar is dit weer, die al te bekende gedreun vanuit die hemele! Dit kan nie wees nie! “Vader wees genadig,” bid jy terwyl jy terughardloop na jou skuilplek. Duisende bomme begin weer neerreën op die klein bietjie lewe wat nog oorbly in die nou voormalige Dresden.

Hierdie was die grusame werklikheid vir miljoene vroue, kinders en bejaardes wat in Duitsland se stede agtergebly het terwyl die mans op die voorste linies bly veg het. Op ’n lafhartige manier, wat opvallend ooreenstem met die Verskroeide-Aarde beleid wat teen die Boervolk tydens die Anglo-Boereoorlog gebruik is, het die vyand die weerloses geteiken in die stede om die moraal van die Duitse mans te breek. Duitse stede is herhaaldelik uit die lug gebombardeer, totdat geen teken van lewe meer sigbaar was nie. In Dresden alleen, het meer burgerlikes gesterf as in die kernbomaanvalle op Hiroshima en Nagasaki altesaam. Tog het die meerderheid mense vandag nog nie van hierdie gruweldade gehoor nie.

Hierdie was egter slegs die begin van die nagmerrie wat sou volg vir die Duitse volk, nadat haar vyande deur die verdedigingsfronte gebreek het in die Weste en die Ooste van die land. Wat volg daarna is misdade wat selfs te grusaam is om in hierdie artikel te beskryf.

Wat met die Duitse volk tydens en ná die Tweede Wêreldoorlog gebeur het, is een van die donkerste hoofstukke in moderne geskiedenis. Hellstorm, en veral die boek waarop dit gebaseer is deur Thomas Goodrich, beskryf hierdie tragedies in grafiese besonderhede. Hy haal ook honderde oorlewendes se getuienisse aan om die loop van die oorlog uit te beeld en die mense se ervaringe daarvan te vertel. Daar word beweer dat meer Duitsers in die vrede-tydperk gesterf het onder die Geallieerde magte se besetting van Duitsland, as tydens die ses jaar van voortdurende oorlog! Meer as enige iets, skets Hellstorm ’n duidelike prentjie: dat ’n stille volksmoord teen die Duitse volk uitgevoer was - een wat nooit op Hollywood se silwerskerms verskyn nie, maar wel een wat nooit vergeet mag word nie…

Hellstorm kan op die volgende platforms gekyk word:

-Telegram: https://t.me/HELLSTORM8/3

-Odysee: https://odysee.com/@Reichcinema.com:0/Hellstorm-Documental-Sub-Esp:5

-Bitchute: https://www.bitchute.com/video/XwVrgJru4bK6

Jy kan ook na die Hellstorm stem-boek luister op Die Vryburger Beweging se Telegram Kanaal:
https://t.me/DieVryburgerBeweging



Dokumentêr 2: Europa the Last Battle

Tussen die jare 1500 en 1900 het die Witman die wêreld oorheers. Ons het byna 85% van die planeet se oppervlak gekoloniseer en ons bevolking het nuwe hoogtes bereik wat voorheen ondenkbaar sou wees in kleine Europa alleen. Ons kolonies het gefloreer en gestrek van die noordelikste hoeke van die wêreld tot by die suidelikste grense. Nuwe kolonies het nuwe geleenthede gebring en ’n ontploffing van innovasie veroorsaak wat nie net ons eie lewenstandaard verhoog het nie, maar uiteindelik ook dié van elke ander groep mense op aarde.

Hierdie goue era van Blanke heerskappy het egter nie vir ewig gehou nie. Die meeste probleme het direk ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog begin.

Rewolusie ná rewolusie het oor gebiede onder Blanke bewind gespoel, en teen die laat 1970’s het die Witman byna al sy kolonies in Afrika, Suid-Amerika en ander dele van die wêreld verloor. In 1994 is die laaste vonk van hoop op die donker kontinent van Afrika ook uitgeblus, toe Suid-Afrika in swart kommunistiese hande geval het.

Spring vorentoe na 2026, en ons kan sien dat die Blanke nie net sy oorblywende kolonies verloor deur massamigrasie nie, maar selfs die einste Europese lande wat geboorte gegee het aan die Witman. Dit is duidelik dat daar iewers iets groot verkeerd geloop het!

Wat met verloop van tyd pynlik duidelik geword het, is dat niks hiervan toevallig gebeur het of deur blote selfvernietiging nie, maar eerder doelbewus. ’n Eeue-oue plan wat noukeurig uitgevoer word deur ’n klein groep mense met baie donker motiewe - ’n groep wie se einddoel dit is om die hele wêreld te regeer en die enigste groep mense te vernietig wat nog altyd in hul pad van wêreldoorheersing gestaan het, die Blanke ras. 

Europa the Last Battle is sonder twyfel een van die mees omvattende dokumentêre wat ooit oor hierdie onderwerp gemaak is. Dit neem jou op ’n ontwakingsreis, van die begin, waar meeste van die probleme begin ontstaan het, tot by die hedendaagse situasie waarin ons onsself bevind. Die dokumentêr is van bykans elke hoofstroom sosiale mediaplatform gesensor en verwyder, wat vir jou alles behoort te sê wat jy moet weet. Die waarhede wat dit bevat, kan, sodra dit gesien word, moeilik weer ontken word. Ons waarborg jou dat hierdie dokumentêr jou wêreldbeskouing sal uitdaag en moontlik die manier waarop jy na die wêreld kyk, heeltemal sal verander.

Daar moet genoem word dat hierdie dokumentêr nie sommer ‘n vinnige kyk is nie. Dit bestaan uit 10 dele wat oor 12 ure strek en behoort eintlik eerder as ’n reeks beskou te word. Min mense kan dit in een dag voltooi, daarom stel ons voor dat jy ten minste een deel per dag kyk totdat jy deur die hele reeks gewerk het. Ten spyte van die lengte daarvan, moedig ons jou sterk aan om geduldig te wees en dit te voltooi, want sodra jy het, sal jy ’n uiters duidelike begrip hê van wat vandag in die wêreld gebeur en wie agter alles sit. 


Europa the Last Battle kan op die volgende platforms gekyk word:

-Telegram: https://t.me/battleofeuropa

-Odysee: https://odysee.com/@EuropaTheLastBattle:7

-Of op die Europa the Last Battle se webtuiste self: https://europathelastbattle.net/



Dokumentêr 3: The Greatest Story Never Told

Aan die begin van hierdie artikel het ons genoem dat geskiedenis deur die oorwinnaars geskryf word. In min gevalle is dit meer relevant as in die geval van Adolf Hitler, moontlik die man waaroor daar die meeste gelieg oor word in die geskiedenis van die mensdom. Jy het waarskynlik reeds talle Hollywood-films gesien wat Hitler as die stereotipiese skurk uit ’n spotprent uitbeeld, sowel as dokumentêr na dokumentêr wat hom uitwys as die boosste man wat nog ooit geleef het.

Maar het jy al ooit sy kant van die storie gehoor? Het jy al sy boek, Mein Kampf, gelees of na vertaalde toesprake van hom geluister in pleks van die duisende gedramatiseerde History Channel-dokumentêre? Het jy al ooit jouself afgevra waarom miljoene, en moontlik selfs miljarde bestee was en steeds bestee word aan nimmereindigende films en boeke wat ’n eensydige beeld van Hitler, sowel as die Tweede Wêreldoorlog in geheel uitbeeld? En dalk selfs belangriker as dit, waarom mag die “amptelike” narratiewe oor Hitler nie bevraagteken word nie? Wat presies probeer hulle vir jou wegsteek?

In hierdie dokumentêr sal jy alles hieroor en meer uitvind. Jy sal tot die gevolgtrekking kom dat Hitler in werklikheid die teenoorgestelde man was wat hulle - die einste mense wat vandag die wêreld regeer - beweer hy was. Om hierdie presiese rede, is The Greatest Story Never Told ook van meeste hoofstroom platforms verban.

Waarom maak hierdie dokumentêr egter saak? Dit maak saak omdat dit waarvoor Adolf Hitler gestaan het en teen wie hy geveg het, vandag net so relevant is soos in daardie tyd.

Soortgelyk aan Europa the Last Battle, kan The Greatest Story Never Told ook as ’n reeks eerder as ’n dokumentêr beskou word, alhoewel dit baie korter is. Die reeks bestaan uit 27 dele wat elk slegs 15 minute lank is.

The Greatest Story Never Told kan op die volgende platforms gekyk word:

-Telegram: https://t.me/The_Greatest_Story_NEVER_Told

-Odysee: https://odysee.com/@Chiron_Last_not:e/The-Greatest-Story-Never-Told:ea

-Bitchute: https://www.bitchute.com/video/AK9G4HPGwXY7

-Internet Archive webtuiste: https://www.bitchute.com/video/AK9G4HPGwXY7


Ten slotte

Alhoewel hierdie drie dokumentêre jou ’n aansienlike hoeveelheid tyd sal neem om deur te werk, sal hulle sonder twyfel nie net vir jou ’n ware perspektief van die geskiedenis gee nie, maar ook ’n baie duidelike begrip van wat vandag in die wêreld aangaan en wie werklik al die toutjies trek. Dit is tyd vir jou om die kant van geskiedenis te leer ken wat die “oorwinnaars” nie wil hê jy moet weet nie.

Ons hoop jy het hierdie artikel geniet. Los gerus jou kommentaar hieronder en laat weet ons wat jou gedagtes is. Voel asseblief ook vry om hierdie artikel rond te deel en ons te help om die waarheid daar buite te kry. Vir meer inligting oor die Vryburger Beweging of om aan te sluit, besoek gerus on webtuiste HIER. Indien jy graag die beweging finansieel wil ondersteun sodat ons meer projekte kan aanpak, kan ‘n donasie op ons GiveSendGo rekening gemaak word.

Dankie vir jou ondersteuning!

Next
Next

Here's How They Break Down White Identity